Originally posted by ThingFish: Dis pragtig en ek het sommer dadelik geweet dis jy. Ek herken jou styl en die omgewing natuurlik dadelik. Dis mos Ficksburg se stasie daardie :)
Weet jy ne die stasie hier naby ons op Heidelberg lyk amper dieselfde kompleet met die graan silo's , die ou railway shed en die berge in die agtergrond. |
Die verwaarlosing van die stasies in die binneland is vir my net te erg. Hierdie is Fouriesburg stasie en ek het in 1975 met 'n 6 maande oue baba van hier met die trein na Bloemfontein gereis. Nou word die spore nie meer gebruik nie. Ek weet nie eers of die graan van die silo af per trein vervoer word nie. Ek dink nie so nie. Die vermorsing breek my hart. |